Subscribe by Email

40 nuwe interkontinentale ballistiese missiele

interDie Russiese staatshoof, pres.  Vladimir Putin van Rusland het aangekondig dat 40 nuwe interkontinentale ballistiese missiele tot sy kernwapen-arsenaal gevoeg gaan word.

Dit volg ‘n dag nadat Russiese amptenare ‘n Amerikaanse plan om swaar wapentuig in NAVO-lande aan die Russiese grens te plaas, veroordeel het as die mees aggressiewe optrede sedert die Koue Oorlog.

Die betrekkinge tussen Rusland en die Weste het die afgelope tyd ‘n laagtepunt bereik, ná die anneksasie van die Krim deur Rusland.