Subscribe by Email

McBride wil staat dagvaar

mcbrideDie hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, sê hy oorweeg dit om die staat vir kwaadwillige vervolging te dagvaar.

Hy het gereageer op vrae ná Opod se vergadering met die Polisiekomitee in die Parlement. McBride sou vervolg word nadat die Valke aanklagtes van bedrog en dwarsboming van die gereg teen hom en twee ander Opod-amptenare gelê het.

Hy is daarvan beskuldig dat hy met ‘n polisiedossier ingemeng het rakende die onwettige deportasie van Zimbabwiërs in 2010. Die staat het verlede week aanklagte teen McBride teruggetrek net voordat hy en twee medebeskuldigdes in die Pretoriase Landdroshof sou verskyn. McBride sê hy win tans ‘n regsmening in.

Hy is onlangs in sy pos heraangestel ná hy die saak teen die minister van polisie, Nathi Nhleko, in die Konstitusionele Hof gewen het.

2 Responses to McBride wil staat dagvaar

  1. johann

    November 13, 2016 at 1:25 pm

    There must be dozens of people qualified and competent but no, a clown is given the postion.
    Another sad day for South Africa.

  2. Koos

    November 10, 2016 at 7:28 am

    Another troubelled man… AI MAN!!