Subscribe by Email

100 meter in 9,94 sekondes

justin_gatlin-2560x1600Die Amerikaner Justin Gatlin het een van vanjaar se vinnigste tye in die 100 meter opgestel toe hy die nommer gewen het op ‘n byeenkoms in Beijing. Sy tyd van 9,94 sekondes is die tweede vinnigste vanjaar na die 9,91 wat Femi Ogunode van Katar vroeër gehardloop het. Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt van Jamaika, kon die naweek net 10,05 aanteken in sy eerste wedloop sedert die wêreldkampioenskap in Augustus.