Subscribe by Email

Zuma se verskoning is ‘n belediging vir Suid-Afrikaners

Nkandla-zuma(R)Die organisasie teen belastingmisbruik, Outa, het soos talle ander organisasies president Jacob Zuma se verskoning oor die Nkandla-debakel gekritiseer. Zuma het eergisteraand die nasie toegespreek na aanleiding van die Grondwethofbeslissing dat hy die Grondwet oortree het toe hy nie die Openbare Beskermer se bevindings aanvaar het nie. Hy het die uitspraak aanvaar, maar volgehou dat sy optrede nie opsetlik of korrup was nie. Outa sê Zuma se reaksie is ‘n beledging vir alle Suid-Afrikaners.