Subscribe by Email

Reaksie op die Grondwethof se beslissing oor Nkandla

Nkandla-reportAfriSake sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal president Jacob Zuma aanspreeklik moet hou vir die voordele wat hy ontvang het weens die opgraderings wat met staatsgeld aan sy privaat landgoed gedoen is. Die waghond-organisasie het reageer op vanoggend se Grondwethof-beslissing dat die Openbare Beskermer se aanbevelings bindend is en dat president Jacob Zuma en die Nasionale Vergadering die Grondwet geminag het toe hulle nie Thuli Madonsela se beslissing aanvaar het nie. AfriSake sê Zuma moet nou die voorbeeld stel en belasting betaal, wat miljoene Rande kan beloop.

Madonsela het die uitspraak beskryf as ‘n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners

Die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, het buite die hof in Johannesburg aan die media gesê die uitspraak het die weg gebaan vir Zuma om in ‘n staat van beskuldiging geplaas te word: