Subscribe by Email

Valke ontken dat hulle ondersoek instel na die Openbare Beskermer

thuli-madonselaDie Valke het berigte ontken dat hulle ondersoek instel na die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela. Madonsela het gister tydens ‘n nuuskonferensie gesê die Valke is besig met ‘n ondersoek en dat sy moontlik vervolg kan word omdat sy van mening is dat die besluite van haar amp bindend is. Die Valke se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê hulle het Madonsela nog nooit ondersoek of beplan om haar te ondersoek nie en hulle distansieer hulleself van die Openbare Beskermer se bewerings.