Subscribe by Email

Die staking deur Pikitup-werkers duur voort nadat onderhandelinge ‘n dooiepunt bereik

pik1Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie word kwalik geneem vir die dooiepunt in onderhandelinge met die Johannesburgse afval-bestuursmaatskappy, Pikitup. Werkers wat by Samwu geaffilieer is staak reeds vier weke lank. Hulle eis ‘n salarisverhoging en die bedanking van Pikitup se bestuurder, Amanda Nair. Die maatskappy beweer dat Samwu nie “buigsaam” is tydens onderhandelinge nie terwyl die vakbond sê die maatskappy onderhandel te kwader trou.