Subscribe by Email

Drie Afrikaanse organisasies neem regsaksie teen Kovsies oor die uitskakeling van Afrikaans

FREE-STATE_Main_Building1-621x412Afriforum, Afriforum Jeug en Solidariteit het vandag regsdokumente aan die Hooggeregshof in Bloemfontein voorgelê vir regsaksie om die taalbeleid wat die Universiteit Vrystaat aanstaandejaar wil implementeer, tersyde te stel. Die beleid kom daarop neer dat Engels die enigste taal van onderrig sal wees. Die aansoek sal waarskynlik in Juniemaand aangehoor word. Die drie organisasies sê die Rektor, Jonathan Jansen, se vroeëre belofte dat Afrikaans as onderrig- en administrasietaal veilig is solank hy Rektor is, was duidelik vals gewees. Die universiteit het tot die 4de Mei om op die regsaksie te reageer.