Subscribe by Email

JP Duminy se besering is ‘n groot terugslag vir die groep

jpdDie Proteas se afrigter, Russell Domingo, sê die verlies van die veelsydige speler, JP Duminy, is ‘n groot terugslag, maar hy is vol vertroue dat sy span dit sal oorkom. Duminy het Sondag ‘n dyspierbesering opgedoen in die wedstryd teen Afghanistan en sal nie Vrydag kan deelneem aan die Twintig20-wêreldbeker-wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande in Nagpur nie. Domingo sê enige 15 spelers in die groep is goed genoeg om die werk vir die span te doen. Hy het bygevoeg dat hulle die opsie oorweeg om aan die begin van Vrydag se wedstryd twee draaiboulers te gebruik.