Subscribe by Email

Gevra om ondersoek na President Jacob Zuma en die Gupta’s uit te brei

Thuli-pic (1)Die DA gaan die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, vra om haar ondersoek na President Jacob Zuma en die Gupta’s uit te brei om die aantygings deur die voormalige hoof van die  Regeringskommunikasie en Inligtingstelsel in te sluit.

Themba Maseko het beweer dat twee lede van die Gupta familie in 2010 by hulle huis in Saxonwold vir hom gevra het om regeringsadvertensies in hulle koerant, die New Age, te plaas. Maseko sê voor die vergadering het Zuma hom gebel en gevra om iets vir die Gupta’s te doen.

Intussen het die Gupta’s se oorkoepelende maatskappy in Suid-Afrika, Oakbay Investments, Maseko se bewering ontken. Die Hoofbestuurder, Nazeem Howa, sê Maseko was ‘n senior regeringsamptenaar en moes regeringsregulasies nagekom het en sy ernstige aantydings aan sy Minister gemeld het. Howa sê Maseko moet die bewyse vir sy aantyging voorsien.