Subscribe by Email

Verskyn vandag in die Pretoriase landdroshof

Anwa+DramatDie voormalige hoof van die polisie se Valke-eenheid, Anwa Dramat, die gewese Gautengse hoof van die eenheid, Shardrack Sibiya, en polisiekaptein Lesley Maluleke verskyn vandag in die Pretoriase landdroshof. Die Nasionale Vervolgingsgesag het hulle verlede maand aangekla van betrokkenheid by die onwettige uitlewering van vyf Zimbabwiërs in 2010. Die NVG sê die aanklagte is ontvoering, regsverydeling en onwettige uitlewering.