Subscribe by Email

Opposisiepartye vra ‘n ondersoek na die Gupta-familie

Gupta‘n Parlementslid van die ANC, Jackson Mthembu, het gevra dat die party eens en vir altyd die kwessie van die Guptas hanteer. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê as sakemagnate nie deur die staat gedissiplineer kan word nie maar inderwaarheid die staat dissiplineer, gaan die land in ‘n mafia-staat ontaard waar die staat slegs familie-ondernemings se belange bevorder.

Opposisiepartye het gevra dat die Guptas ondersoek word en president Jacob Zuma moet bedank. Die Demokratiese Alliansie gaan vandag ‘n klagte teen die Guptas indien ingevolge die wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede en die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die jongste verwikkelings bewys dat Suid-Afrika regstreeks onder leiding is van ‘n onverkose burgerlike buitelandse familie. Die Vryheidsfront-Plus en die Inkatha-Vryheidsparty vra dat ‘n regterlike kommissie die aantygings ondersoek. Cope sê Zuma se optrede kom neer op hoogverraad, en die UDM meen Jonas se erkenning bevestig Zuma se bande met die Guptas en moet nie ligtelik opgeneem word nie.