Subscribe by Email

Eskom doen aansoek om nog twee kernkragsentrales te bou

mapDie Nasionale Kernreguleerder het onthul dat Eskom aansoek gedoen het om nog twee kernkragsentrales te bou – een by Duynefontein aan die Weskus en een by Thyspunt aan die Ooskus. Die regering wil teen 2030 ‘n bykomende nege duisend-600 megaWatt kernkrag tot die netwerk voeg om chroniese tekorte teen te werk wat tot trae ekonomiese groei bygedra het.