Subscribe by Email

Marius Fransman se aanklaer sê haar lewe is verwoes

mariusDie jong vrou wat die Wes-Kaapse leier van die ANC van seksuele teistering beskuldig het, sê haar lewe is verwoes. Sy het in Januarie ‘n klag teen hom ingedien nadat sy saam met hom na Rustenburg in Noordwes gereis het vir die ANC se verjaardagvieringe. Die vrou het aan die Sunday Times gesê die polisie is traag met die ondersoek. Sy sê sy moes haar haarstyl verander, uit haar huis trek en haar verjaardagpartytjie kanselleer. Die 21-jarige vrou sê sy kruip heeltyd binnenshuis weg en sy skerm vir haar verloofde omdat die media ook na sy werkplek toe gaan.

One Response to Marius Fransman se aanklaer sê haar lewe is verwoes

  1. Thomas Robertson

    Maart 14, 2016 at 5:18 am

    Bad