Subscribe by Email

Die Universiteit Kaapstad loof ‘n beloning uit na nóg ‘n verkragting

Rhodes_memorialDie Universiteit Kaapstad het ‘n beloning van 100-duisend Rand uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die arrestasie van ‘n man wat ‘n student naby die Rhodes gedenkteken verkag het. Vier studente is sedert Desember in die gebied verkrag.

In die jongste geval het die student Dinsdag op ‘n fietspad naby die Princess Ann brug in Nuweland gedraf  toe ‘n man haar met ‘n mes gedreig het. Hy het haar erg aangerand, verkrag en ure lank in die bosse aangehou. Die universiteit sê hulle het ‘n private sekuriteitsmaatskappy gehuur om die gebied te beveilig. .