Subscribe by Email

Solidariteit is geskok oor Telkom se planne

solidaritySolidariteit sê hulle was geskok om te verneem dat Telkom voornemens is om teen Mei vanjaar 260 werknemers van sy afdeling vir gedeelde dienste oor te plaas na WNS SA, ‘n uitkontrakterings-maatskappy. Die vakbond se woordvoerder, Marius Croucamp, sê hulle bevraagteken ook die tenderproses wat Telkom gevolg het en het alle dokumente aangevra wat met die proses verband hou.