Subscribe by Email

3 300 jaar oue geroosterde koring in Israel gevind

Argeoloë wat opgrawings doen in die antieke stad Hatzor in bo-Galilea het op 14 groot houers afgekom wat met geroosterde koring gevul was.

Dié kruike en inhoud dateer uit die Kanaänitiese periode. Hatzor was in die middel Kanaänitiese periode 1 750 voor Christus, gefloreer, en ook later, teen 900 voor Christus, in die Israelitiese periode.

Die kruike is in die oorblyfsels van ‘n monumentale paleis-tipe kompleks gevind wat tussen 2000 en 3000 voor Christus bestaan het.

Argeoloë werk al sedert die 50-gerjare periodiek op die terrein, maar die laaste aantal jare word nou elke somer gewerk en ‘n ouer laag van die Tel Hatzor (tel is die Hebreeuse woord vir ruïneheuwel bestaande uit verskeie lae uit verskillende tydperke) ontbloot.

Navorsers is verstom oor die omvang en gevorderdheid van die stad se antieke waterstelsel.

Dit het saam met die meer bekende Megiddo en Berseba wêrelderfenisstatus gekry.

Geroosterde graan was ook aan die Bybelskrywers bekend. Toe Dawid deur sy pa gestuur is om kos na broers in die oorlog teen die Filistyne te neem, het dit brood en geroosterde graan ingesluit.

Hoofbron: The Jerusalem Post: http://www.jpost.com/Sci-Tech/Article.aspx?id=278651

Foto: Sharon Zuckerman

Herman Toerien