Subscribe by Email

lawDie prokureursorde van Suid-Afrika (LSSA) het sy kommer uitgespreek oor die neiging van Afrikaleiers, onder wie die Suid-Afrikaanse regering, om meganismes te verwater wat ingestel is om menseregtevergrype stop te sit.

Die voorsitters van die LSSA, Busani Mabunda en Richard Scott, sê in ‘n verklaring die regering het moontlik eensydig besluit om plaaslike en internasionale wette, sowel as ’n bevel van die hooggeregshof in Pretoria, te verontagsaam en Soedan se president Omar al-Bashir toegelaat om die land te verlaat.

Hulle sê Suid-Afrika het ’n internasionale verpligting om mense soos Al-Bashir wat beskuldig word van oorlogsmisdade en volksmoord, te arresteer.