Subscribe by Email

25 persent verhooging

Eskom2PEnorme teenstand bou op oor Eskom se aankondiging dat hy gaan  deurdruk met sy plan om elektrisiteitstariewe in Julie met meer as 25 persent te verhoog.

Die Energie-Intensiewe Gebruikersgroep van Suider-Afrika, ‘n groep wat groot maatskappye in Suid-Afrika  soos AngloGold Ashanti en BHP Billiton verteenwoordig, is gekant teen die verdere tariefverhoging wat deur Eskom aangevra is.

Die groep sal voorleggings aan NERSA doen voor aanstaande week se sitting oor die tariefverhoging.

Die Energie-Intensiewe Gebruikersgroep het intussen gewaarsku dat ‘n tweede dubbelsyfer verhoging in kragtariewe Suid-Afrikaanse sake-ondernemings se mededingendheid op die internasionale mark sal strem.

Die groep sê die koste van elektrisiteit in die land het sedert 2010 met minstens 70 persent gestyg.

Eskom het sy tariewe in April met meer as 12 persent verhoog.

One Response to 25 persent verhooging

  1. Andre Langkloof

    Junie 18, 2015 at 9:47 am

    Verhoging in tariewe moet slegs wees om lopende koste te dek en afbetaling van langtermyn lenings. Langtermynlenings moet aangegaan word vir infrastruktuur uitbreiding en kapitale besteding. Die regering dra die verantwoordelikheid om toe te sien dat Eskom behoorlik beplan, effektief funksioneer en fondse oordeelkundig aanwend. Die verbruiker is die mark en mag nie uitgebuit word nie!