Subscribe by Email

24 uur se kykgenot elke minuut op You Tube

Bydrae deur Albert – Vlaandere.

You Tube rapporteer op hul webwerf dat internet gebruikers elke minuut ongeveer 24 uur se video materiaal oplaai na You Tube.

‘n Woordvoerder van You Tube, Albert Walker reken dat dit tot 30 na 36 uur kan gaan binne een minuut as die huidige tendense voortbestaan, en al meer mense internet toegang bekom.

‘n Jaar gelede was die oplaai van vodeos na You Tube ongeveer 20 uur per minuut. 4 Maande voor dit, in Januarie was dit 15 uur per minuut. In 2007 was dit 6 uur per minuut.

You Tube is in 2006 deur Google oorgeneem teen ‘n bedrag van 1.65 miljard dollars.