Subscribe by Email

Eerste geval van Ebola in New York

doctor with ebola

Die goewerneurs van New York en New Jersey het beveel dat enigeen wat die land binnekom vanaf Wes-Afrika, en kontak gehad het met ebola-pasiënte, vir 21 dae in kwarantyn geplaas word.

In die jongste voorval in New Jersey is ‘n vroue-gesondheidswerker, wat met pasiënte in Wes-Afrika gewerk het, ná haar aankoms op die lughawe in ‘n hospitaal in Newark opgeneem. Sy het Donderdagaand ‘n koors ontwikkel en is tans in afsondering.

Vroeër dieselfde dag is die eerste ebola-geval in New York aangemeld. Die 33-jarige dokter, Craig Spencer, het ‘n maand saam met Dokters Sonder Grense in Guinee gewerk.

Mense na-aan hom is tans ook onder waarneming.