Subscribe by Email

Goeie Dag

HETTIE SPRONG DOEN ‘N BEROEP OP U EN DIE GEMEENSKAP VIR HULP:

Daar is tans ‘n baie goot behoefte in die versorging van die vergete generasie bejaarde en gestremde persone. Yăde Uitreik Aksie kan help in hierdie groot vraagstuk.

Die drie Yăde Uitreik Aksie Stigterslede, Hettie Sprong, Ans Coetzee & Anilda Blom, het verneem van blanke Bejaarde sowel as Gestremde mense wat in baie haglike omstandighede in skuilings buite Bloemfontein woon.

Daar is besluit om ‘n Organisasie te stig om hulp te verleen aan Bejaarde sowel as Gestremde mense wat ekonomies nie meer kan oorleef en is Yăde Uitreik Aksie (NPO 068-445) in Mei 2008 die lig gesien met die leuse:-

Christen genoeg om God roekeloos te vertrou

Die bestuur van Yăde Uitreik Aksie huur huise verskaf bekostigbare skoon netjiese verblyf plus drie etes daagliks waarvan die hoof ete vleis & groente bevat aan inwoners. Inwoners word nie net liggaamlik versorg & gevoed nie maar ook Psigies & Geestelik versorg. Hul is trotse Yăde Inwoners. Lees meer oor Yăde by http://yade.org.za Die organisasie is ‘n Seksie 21 MPY.

In September 2010 besluit Jesus dat Yăde sy vlerke moet sprei en dat hy Hettie gaan gebruik. Hettie se man word na Kaapstad verplaas.

Aanvanklik het Hettie besluit sy gaan net betrokke bly in Bloemfontein maar Jesus het ander planne vir Yăde. Die Here laat haar die eerste maand rustig haar gang gaan maar vanaf November begin HY met haar praat deur middel van die Bybel, teksverse, tekens ens. Sy besef dat dit weereens nie haar besluit is of Yăde in die Kaap moet oopmaak al Dan nie, maar wel God se besluit. Sy moet net binne haarself besluit of sy vir God gaan “Ja” sê. Jesus wys weereens vir haar duidelik en ontvang sy haar man en kinders se seen op die projek. Sy begin met onderhandelinge met donateurs, doen ‘n radio onderhoud en bekom donateurs en is daar ‘n waglys van inwoners.

‘n Geskikte huis wat ekonomies bedryf kan word is skaars en staan in die pad van die opening van Yăde in Kaapstad, en word op u ‘n beroep gedoen vir hulp.

HOE KAN U HELP???

1. Kontak my asseblief dat ons kan ontmoet en u my behoefte kan hoor.

2. Help my om ‘n geskikte huis te kry om die eerste Yăde Tuiste te open.

3. Help my om donasies te kry vir Kos, meubels, klere ens.

4. Bid vir my dat Jesus op die regte tyd die regte mense om my by te staan sal voorsien, asook ‘n geskikte huis en wat nodig mag wees.

5. Stuur asseblief hierdie e-pos aan na u vriende en familie en dra by tot die oplossing van die vraagstuk.

Deur my te help bied u hulp aan blanke bejaarde en gestremde mense in nood.

Yăde Uitreik Aksie ontvang geen staatsubsidie of enige subsidie van enige aard en is afhanklik van borge

KONTAK BESONDERHEDE:

Mev. Hettie Sprong

Sel 082 785 4404

e-pos: Hettie.sprong@gmail.com

Ek vertrou dat u my sal kontak en tot hulp sal wees.

Groete

Hettie Sprong

Stigterslid & Direkteur
Yade Uitreik Aksie

Christen genoeg om God roekeloos te vertrou