Subscribe by Email

12% salarisverhoging versoek

solidSolidariteit het gister sy eise namens sy lede in die goudsektor ingedien.

Die eise vorm deel van die jaarlikse loononderhandelinge by die Kamer van Mynwese.

Die vakbond versoek dat ’n twaalf persent salarisverhoging vir alle werknemers toegestaan sal word.

Verder eis die vakbond  dat die huidige aftree-ouderdom van 60 na 63 verhoog moet word en dat  die werkgewerbydrae tot werkers se mediese fonds tot 60 persent  verhoog moet word.