Subscribe by Email

11 Jarige se nagmerrie ondervinding op avontuurkamp

Trintan nadat hy versorg was na sy nagmerrie ondervinding, terwyl daar gewag word vir die helikopter. Foto: Carika Nortje

Trintan nadat hy versorg was na sy nagmerrie ondervinding, terwyl daar gewag word vir die helikopter. Foto: Carika Nortje

Die vermisde 11 jarige seun, Trintan Smyth, is na vele omswerwinge veilig terug by sy ouers. Hy het drie dae gelede vermis geraak, waar hy saam met ander kinders gekamp het op Askari Lodge in Tonquani Kloof naby Magaliesburg. ‘n Soektog na hom was van stapel gestuur, maar niemand kon hom vind nie.

Tritan het vertel hulle groep was in die berg op ‘n uitstappie, en op ‘n sekere plek was was daar ‘n val van ‘n hele paar meter na ‘n waterpoel aan die onderkant, waarby almal moes afspring. Omdat hy sukkel met asma, wou hy nie ook daar afspring nie. Die res van die groep het toe daar afgespring, en hom alleen aan die bo-kant gelos. Die groep het toe sonder hom verder beweeg terwyl hy alleen agterbly. Hy het toe gedink as hy die rivier sou terugvolg, hy by hul kamp sou kan uitkom. Hy kon toe nie daarin slaag nie en het verdwaal. Hy het toe naderhand bo op die berg beland en besluit om die liggies te volg.

Hy was omtrent 15 ure lank so aan die rondswerf in die bos, sonder kos en water, waarna hy toe naderhand met ‘n gelukskoot op die plaas, Nyala Inn Guest Farm, opgedaag het. Nyala inn is in Buffelspoort, baie vêrder vanaf waar hy oorspronklik moes wees, met nog ‘n berg wat hy moes oorsteek om daar te kon uitkom. Met sy aankoms op hierdie plaas, was net ‘n geskeurde broek van hom oor aan sy lyf, sy voete was gaar geloop, en sy hele lyf het sny- en kneusplekke gehad.

Carike Nortje en haar vriend wie saam met familie op die gasteplaas van haar ouers gekuier het, was net oppad om haar pa lughawe toe te neem, toe hulle iemand om hulp hoor roep het. Carika, haar vriend en haar pa vind toe vir Trintan in die boonste kamp op die plaas, teen die voet van die berg. Hulle het toe dadelik sy ouers en die Rescue span gebel, hom behandel vir dehidrasie, hom kos gegee en ook dat hy ‘n lekker stort vat en aan hom skoon klere gegee. Carike vertel “Hy het so gehuil! Wat daai kind nie moes deur gaan nie. As ons 10 minute vroeër gery het sou ons hom nie gekry het nie”

Foto: Carika Nortje

Foto: Carika Nortje

 

Kort daarna is hy per helikopter kom haal op Nyala Inn en intussen veilig terug by sy ouers.

Dit is nog onduidelik of daar enige verantwoordelike volwassene saam met die groep was toe Trintan agtergelaat was en wie verantwoordelik was vir elke kind in die groep se veiligheid.

Veilig in die helikopter. Foto: Carika Nortje

Veilig in die helikopter. Foto: Carika Nortje

Almal wat die verhaal soos oorspronklik vertel was op Facebook deur Carika Nortje gevolg het, is dit eens dat Trintan die held van die kampgroep is en meer vermag en verduur het as enige een in die groep self wat by die poel afgespring het en hom daarna net so agtergelaat het.