Subscribe by Email

11 jarige meisie gevang met 81 sakke dagga onder haar trui weggesteek

Geskokte polisielede het ’n 11 jarige meisie betrap met sakke vol dwelms in die ooste van Phillipi. Die meisie was gevind met 81 sakkies wat dagga bevat, weggesteek in haar klere. Die meisie sê sy verkoop die dagga om te oorleef, nadat die polisie uitgevind het dat sy alleen agtergelaat is deur hul ma saam met nog twee kinders van 9 en 14 jaar.

Die polisie het die huis waarin die drie kinders bly binnegegaan, nadat gemeenskapslede hulle ’n wenk gegee het. In die een slaapkamer het hulle die 11 jarige meisie gekry, waar sy regop gestaan het teen ’n muur. Die polisie was agterdogtig oor die manier hoe sy gestaan het en het besluit om haar te deursoek waarna hulle die 81 sakkies dagga onder haar trui versteek gekry het.

Sosiale werkers is na die toneel ontbied terwyl polisie die meisie gearresteer het vir besit en handel in dwelms. Daar is uitgevind dat die kinders se ma hulle daar gelos het om na hulself om te sien en dat sy iewers in die Oos-Kaap is. Die polisie is steeds besig om die ma te probeer opspoor in die Oos-Kaap en hulle kon nie tans kommentaar lewer of die ma ook aangekla gaan word nie. Volgens bure het die ma die 14 jarige in beheer gelos om te sorg vir die 9 en 11 jarige toe sy vertrek het. Die bure het nie geweet wanneer die ma veronderstel was om terug te keer nie.