Subscribe by Email

Verdagte in hegtenis vir Anika Smit moord

n 21 jarige man is vanoggend in hegtenis geneem weens die moord op die 17 jarige Anika Smit. Sy was verkrag en vermoor gevind vroer hierdie jaar, met haar keel afgesny asook al twee haar hande afgesny.

Onbevestigde berigte lui dat die verdagte ’n verhouding met Anika gehad het.

Die man is by die Carousel Casino buite Pretoria in hegtenis geneem, waar hy as ’n sekuriteitsbeampte gewerk het. Hy sal later hierdie week in die hof voorkom vir ’n borgtog aansoek. Geen verdere besonderhede oor die saak is bekendgemaak nie.

Anika was ’n graad 11 leerder aan die Hoërskool Gerrit Maritz. Haar pa, Mnr. Johan Smit, het vroër gesê hy glo sy dogter het haar moordenaar geken en hom op Facebook ontmoet. “Ek het ’n vermoede dit is iemand wat sy op Facebook ontmoet het wat die hartseer veroorsaak het. Ouers moet meer doen om hul kinders te beskerm. Dit is nie altyd maklik nie,” het hy gesê.