Subscribe by Email

1 Dood, 18 beseer in ontploffing by Eskom kragstasie

Een persoon is dood en 18 is beseer in ’n ontploffing vroër vanmiddag by die Lethabo kragsentrale buite Vereeniging.

Die liggaam van ’n man met erge brandwonde is deur paramedici op die toneel gevind en 18 beseerdes is behandel vir ligter beserings, waarvan 4 brandwonde opgedoen het. Die beseerdes is na die Medi Kliniek in Vereeniging geneem.

Volgens die beseerde werkers; het hulle ’n lekplek in een van die pype in hul werkarea opgemerk en toe hulle sulfereuse gas wou laat ontsnap, het ’n ontploffing plaasgevind.

Eskom woordvoerder Andrew Etsinger sê hulle is bewus van die voorval, maar het nog nie meer besonderhede daaroor nie.