Subscribe by Email

“Afrikanerbond hou hulle met stront besig”

Die Afrikanerbond se fut is uit. Die voorheen geheime invloedryke Afrikaner-organisasie wat as die Broederbond bekend gestaan het, bestaan nog net uit ʼn handvol hoofsaaklik wit bejaarde mans wat hulle met “stront besig hou”.

So sê ʼn voormalige lid van die Afrikanerbond se Uitvoerende Raad, dr Jan van der Merwe. Volgens dr Van der Merwe kook die AB sy ledegetalle al die afgelope dekade. “Tegnies gesproke het hulle minder as 1 500 aktiewe en opbetaalde lede. Die res is rustende of erelede. Die gemiddelde ouderdom van die AB se lede is tussen 60 en 70 jaar. Dit mag al dalk die 80-jaar merk slaan,” het dr Van der Merwe aan Koerant.com gesê.

Die AB se hoofsekretaris, mnr Jan Bosman, het op Koerant.com geskryf die organisasie het sowat 4 000 lede landwyd. Mnr Bosman sê die AB is gemoeid met die handhawing van fundamentele regte, die vestiging van demokrasie, die bevordering van verantwoordelike burgerskap en patriotisme. In die bereiking van die doelwitte is die Afrikanerbond gemoeid met regstellende aksie, aksies teen misdaad, landelike veiligheid, grondhervorming, naamsveranderinge, moedertaal onderwys en vele meer.

Dr Jan van der Merwe

Dr Van der Merwe het in onderhoud aan Jean Oosthuizen gesê dit is ʼn growwe oordrywing. Hy skat ook dat minder as 3% van die AB se lede vroue is en twyfel of enige anderskleurige Afrikaner aan die AB behoort. Die huidige AB voorsitter, Piet Vorster, het glo by geleentheid aan hom gesê bruinmense kan nie Afrikaners wees nie.

Dr Van der Merwe sê wat tragies is van die AB is dat hulle hulself “met stront besig hou”. “Plaas dat hulle geld spandeer op iets soos byvoorbeeld die Armblanke Vraagstuk. Gaan vra vir dr. Danie Langer van Helpende Hand of die AB al geld vir armblanke Afrikaners geskenk het. En of hulle al een van Danie se projekte gefinansier het. Die antwoord gaan ’n skaamtelose “nee” wees.”

“Ek as oud-ANC Raadslid het meer as R5 000 op Danie-hulle se projekte geïnvesteer.  Ek is oortuig dat ek die afgelope 10 jaar meer vir die Afrikanersaak gedoen het, as wat Jan Bosman, Pierre Theron en Piet Voster al saam vir die Afrikanersaak gedoen het.  Die AB hou net direksievergaderings, lek hulle ou apartheidswonde en hoop dat die CR de Wetfonds vir ewig gaan hou.”

Wat beïnvloeding betref, strek die AB se mag tans slegs tot enkele aftree- oorde en/of rolbalklubs, het dr Van der Merwe aan Koerant.com gesê.

“Die AB het in my tyd duisende rande spandeer om jongmense te probeer bearbei, maar al hulle pogings was futiel. Die hele idee van die AB, laat jongmense koud!”

“Die Duitse filosoof Hannah Arendtse het op ’n keer opgemerk dat die probleem met “think tanks” is, dat hulle gewoonlik in so ’n bedompige dampkring vasgevang is, dat hulle in die proses vergeet om te dink. Die AB het nog altyd daarop geroem dat hulle die Afrikaner se “think tank” is, of was. Met alle respek, die kwaliteit van denkers in die AB is maar yl gesaai. ”

Dr Van der Merwe het sinies reageer op die AB se aanspraak dat hulle as fasiliteerder optree van ʼn aantal organisasies wat wil te toesien dat grondregte in die land gewaarborg word. “My opinie van die AB is dat hulle vandag soos ’n klomp jagse gekastreerde Casanovas by ’n orgie is, hulle wil graag ’n bydrae lewer, maar hulle kan nie. Hulle kan nie eers meer die Afrikaanse media beïnvloed nie.”

“Hulle voorsitter, Piet Vorster kon nie eers as oud-blanke burgemeester van Bloemfontein, die destydse ANC burgemeester, Jani Mohapi, beïnvloed of bestuur nie. Mohapi het met Vorster die vloere gevryf, totdat Vorster later uit radeloosheid bedank het as raadslid. Nou vra ek jou, hoe wil Piet Vorster vir Julius Malema stuit?”

Volgens die AB Hoofsekretaris, Jan Bosman, is die volgende organisasies onder andere deel van die Ad Hoc Groep wat deur die AB gefasiliteer word en daar is daar niks klandestien daaroor nie: Afrikanerbond, AfriForum, Demokratiese Alliansie, Vryheidsfront, AgriSA, TLU-SA, FAK, FW De Klerk Stigting, Nasionale Belastingbetalers Unie. In die vorige rondte met grononteiening was die Gereformeerde Kerk glo ook betrokke.

Dr Van der Merwe sê egter die AB drentel deesdae agter ander instansies aan om vir hulself ’n bestaansreg te probeer beding en regverdig. “Dit is hoekom hulle betrokke is by obskure groepies soos die Ad Hoc-groepe. Jy sal ook opmerk dat sulke groepe gewoonlik sterk fokus op eksklusiewe blanke belange wat hulle dan verdoesel onder die sogenaamde minderheidsgroep vaandel. Dit is hoekom ’n organisasie soos die ATKV, hom nie self ophou met hierdie niksseggende groepies nie.”

Hy sê die AB Hoofsekretaris Jan Bosman se verwysing na die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie klink vir hom soos ’n oud-Magnus Malan-opmerking van ’n “totale Aanslag”. “En daarom sal ek vir hom sê soos ’n Jan van Eck destyds vir Malan gesê het:  ‘Jou totale aanslag lyk vir my meer soos ’n totale gatslag’.”

Dr Van der Merwe sê diegene sê wat egter dink dat die AB ooit sal ontbind is verkeerd. Hy sê hulle sal net soos die Dinosourusse oor ’n dekade of twee bloot uitsterf.

12 Responses to “Afrikanerbond hou hulle met stront besig”

  1. Sass Kloppers

    Mei 31, 2015 at 9:49 am

    Me innige wens vir fw de klerk is dat al sy kinders en klein kinders grusaam dood gemartel word voor hy sterf sodat hy aan eie lyf kan voel wat dit is om te ly onder die juk van die gemors wat hy en sy mede verraaiers aan die Afrikaner nasie gedoen het deur ons so gulsig uit te verkoop.

  2. Andre

    Mei 31, 2015 at 9:09 am

    Klein-geestigheid en selfsugtige eiebelang soos in meeste van die bydraes hier tipeer sal niks konstruktief voortbring nie. Asseblief mense ons is in ‘n “oorlog” (struggle) om oorlewing in hierdie land en elke bydrae moet verwelkom word. Hou tog op om mense en organisasies te probeer etiketeer. Dis te wyte aan verstandelike luiheid dat die genoemde mense (en organisasies) in denk”hokkies geplaas word. Alles verander daagliks en mense en organisasies pas aan by nuwe omstandighede. My pleitdooi is dat ALMAL toegelaat moet word om ‘n bydrae te maak tot die oorlewing van die demokrasie, die grondwet, groepregte, individuele regte ensovoorts. A nee a Jan !!!… mens maak nie afbrekende stellings in die media oor jou eie mense nie. Goed opgevoede mense weet dat jy rig goed bedoelde kritiek in privaatheid aan die betrokke persoon maar lofprysing vir goeie werk word op die publieke domein uitbasuin vir almal om te hoor. Doktorsgraad ten spyt het ‘onse Jan’ nog baie om te leer.

  3. james

    September 17, 2013 at 12:02 pm

    Dit is vir my verbasend dat Jan vd Merwe, wie vir jare lid vandie AB was, insette gelewer het, bydraes in omsendbriewe geskryf het, vergaderings bygewoon het, die doel en visie van die AB onderstreun en propageer het sy rug op die organisasie wat verantwoordelik was vir die stigting van vele Afrikaner-instellings, gedraai het. Hy gooi nou sy gewig in/en skaar hom nou by die vele Anti-Afrikanergroepe in die media en die ANC waar hy nou sy politieketuiste gevind het waar hy ook met spreekwoordelike ‘STRONT’ hom mee besig hou. Hoop dat hy nou rustig verkeer tussen sy politieke kamerade en spring en praat soos sy meesters van hom verlang.

  4. Linda

    Julie 20, 2011 at 11:55 am

    As (gewese) vrou van ‘n man wat aan die AB behoort, het ek net wrokgevoelens teenoor hierdie organisasie oorgehou. Die vrouens is eers onlangs teensinnig toegelaat om deel te word van die organisasie. Tradisioneel was hulle net goed genoeg om te sorg vir ‘n skoon sitkamer om vergadering in te hou, die kinders stil en weg te hou en te sorg vir eet en drinkgoed. Niks wat hier bespreek is mag met die vrouens bespreek word nie. Wat doen soveel wantroue aan die verhouding tussen man en vrou! Dis soos ‘n klomp seuns wat steeds besig is met bende-speletjies. Van enige suksesse was ek ook nie bewus nie. Net die ‘manne’ weet seker daarvan. Dit was die vergaderings van die praters. ‘n Verskoning om nie by die huis te wees nie. Hulle kan maar ‘gaan rus.’ Ons het doeners nodig.

  5. Pingback: Afrikanerbond win regsmening in ná broedertwis | Koerant.co.za

  6. J van Rooyen

    Julie 11, 2011 at 6:49 am

    Ou Pietertjie se kritiek op Dr Jan in Volksblad van 11 Julie is pateties. Dit is duidelik Dr Jan het nou ‘n seer punt aangeraak. Ek stem met alles in sy artikel saam. Viva Dr Jan Viva!

    Die AB sal geen verdere rol in die land speel nie! Hulle kan net sowel die CR de Wet fonds se miljoene op ‘n saak met ‘n positiewe nalatenskap aanwend!

  7. Gerrit Brits

    Julie 11, 2011 at 6:42 am

    Ag ou Thys troos jou daaraan dat niemand eintlik ‘n groter verleentheid vir die Afrikaner kan wees as Praag nie. Gelukkig voel meeste Afrikaners net sulke vere vir jou en Praag se soort ver regse politiek as wat jy vir die AB voel. Julle standpunt verteenwoordig nie eers meer ‘n minderheid van ‘n minderheid nie.

  8. Thys Human

    Julie 10, 2011 at 4:22 pm

    Eintlik voel ek vere vir die huidige AB omdat ek dink daar is organisasies soos Praag en andere wat die Afrikaner se saak beter stel, maar dit lyk vir my of onse Jan vdM en beriggewer Jean O eintlik die Afrikaner as sulks deur hierdie berig wil bykom en afkraak. En dan gaan ek en andere hulle aanvat.

    En dan lyk dit vir of Jan ‘n paar dinge behoorlik verkeerd kry. Hy kritiser vir Piet Vorster omdat die sou gese het daar is nie iets soos Bruin Afrikaners nie. Maar Vorster is mos reg – daar is nie, al probeer die ATKV hulle Danny Titus (Engels uitgespreek) sterk as ‘n “Afrikaner” voorstel.

    En in ‘n onderhoud met Jan-Jan van Rapport het hierdie Jan vdM ook maar ‘n yslike spul skewe goed kwytgeraak. Maar daar looi hulle hom.

  9. Christo Loots

    Julie 10, 2011 at 7:13 am

    Die C R de Wet fonds is ‘n teer saak. Dit is deur die Broederbond gebou. En nou gebruik slegs ‘n paar Afrikaners dit. Neem eerder die totale fonds en bou ‘n standbeeld van ‘n onderwyser en ‘n onderwyseres daarmee.

  10. Christo Loots

    Julie 10, 2011 at 7:12 am

    Die C R de Wet fonds is ‘n teer saak. Dit is deur die Broederbond gebou. En nou gebruik slegs ‘n paar Afrikaners dit. Neem eerder die totale fonds en ‘n standbeeld van ‘n onderwyser en ‘n onderwyseres daarmee.

  11. D M GREWAR

    Julie 7, 2011 at 10:01 am

    Ek het meer van Dr Jan verwag as om gal te braak oor `n organisasie waaraan hy behoort het vir jare en kennelik nie sy invloedryke indruk op kon laat nie. Laat hy nou sy posissie in die ANC gebruik om sin te maak van Malema se uitlatings van dit wat hy voorstel die regering met met die wit boere en die Afrikaner wil maak. Ek kan beswaarlik sien dat die Afrikaner hom as ONS leier en `n kampioen beskou. Dit blyk duidelik dat hy hom so voordoen.

  12. J van Rooyen

    Julie 6, 2011 at 12:53 pm

    Dr. Jan van der Merwe slaan die spyker op die kop. Die AB is tans niks anders as ‘n patetiese ou organisasietjie nie. Hulle is niks anders as ‘n rassistiese grap nie en die boer van Brandfort dryf hierdie rassistiese agenda. Wat ‘n verleentheid!